Defence Strategies for the New Millenium / Verdedigingstrategiee vir die Nuwe Millenium

Ricardo Davids

Abstract


Twee belangrike, en in sommige gevalle opspraakwekkende en selfs kontroversiële gebeurtenisse het in die afgelope jaar of wat in Suid-Afrika plaasgevind en wat die kollig laat val het op die verdediging en veiligheid van ons land.

Die eerste was die optrede van die gekombineerde taakgroep Operasie Boleas in Lesotho, wat ten doel gehad het om vrede en stabiliteit in die buurland te verseker, die interne situasie aldaar te stabiliseer, en om die grens met SA te beveilig.

Die tweede was die aankondiging op 18 November 1998 van die aanvaarding van die verslag van die Kabinet se subkomitee oor die Aanskaffingsprogram vir die SANVM. Die verslag het die aanskaf van militêre toerusting, die verdedigings- en nywerheidsdeelname, en die nasionale industriële deelnameprogram tot 'n totale bedrag van R29,77 miljard rand behels.

Ses van die sewe kategorieë waarin apparatuur aangeskaf sal word, is goedgekeur. Dit sluit in korvette, duikbote, maritieme helikopters, ligte gebruikshelikopters, ligte vegvliegtuie, en opleidingsvliegtuie.


Keywords


outdated hardware for the SANDF; Defence Strategies for the New Millenium; Operasie Boleas; verdediging en veiligheid; Aanskaffingsprogram vir die SANVM

Full Text:

PDF


DOI: https://doi.org/10.5787/29-0-191

Refbacks

  • There are currently no refbacks.




Copyright (c) 2018 Ricardo Davids


ISSN 2224-0020 (online); ISSN 1022-8136 (print)

Creative Commons License -CC BY-NC-ND 4.0


Powered by OJS and hosted by Stellenbosch University Library and Information Service since 2011.


Disclaimer:

This journal is hosted by the SU LIS on request of the journal owner/editor. The SU LIS takes no responsibility for the content published within this journal, and disclaim all liability arising out of the use of or inability to use the information contained herein. We assume no responsibility, and shall not be liable for any breaches of agreement with other publishers/hosts.

SUNJournals Help