BRITSE FORTIFIKASIES IN DIE ANGLO-BOEREOORLOG (1899 - 1902)

  • G.E. Visser Departement Krygsgeskiedenis, Fakulteit Krygskunde, Universiteit van Stellenbosch
Keywords: Die Britse blokhuisstelsel tydens die Anglo-Boereoorlog, ontstaan en ontwikkeling van militêre fortifikasies, blokhuise, "beginsels van oorlogvoering"

Abstract

Hierdie publikasie is gebaseer op JL. Hattingh se MA-verhandeling (DOYS, Nov. 1996) getiteld Die Britse blokhuisstelsel tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902. Luidens die voorwoord, is die verhandeling egter vir publikasiedoeleindes geheel en al deur prof. A. Wessels, wat as studieleier vir die verhandeling opgetree het, verwerk.

Die publikasie beslaan sewe hoofstukke. Hoofstuk 1 verskaf 'n historiese oorsig van die ontstaan en ontwikkeling van militêre fortifikasies van die Romeinse tydperk af tot vandag. Hoofstuk 2 handel oor die redes vir die oprigting van die fortifikasies, hoofstuk 3 oor die verskillende tipes blokhuise en hoofstuk 4 oor die oprigting van die blokhuislinies. Hoofstuk 5 bied 'n bespreking van die lewe in die blokhuise, terwyl hoofstuk 6 'n uiteensetting van die Britte se strategiese en taktiese aanwending van die blokhuislinies gee. In die slothoofstuk, hoofstuk 7, word die blokhuisstelsel as krygsmaatreël geëvalueer, onder meer aan die hand van die sogenaamde "beginsels van oorlogvoering" wat teen die einde van die 19de eeu gegeld het.

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2012-02-09
How to Cite
Visser, G. (2012). BRITSE FORTIFIKASIES IN DIE ANGLO-BOEREOORLOG (1899 - 1902). Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 28(1). https://doi.org/10.5787/28-1-206
Section
Book Reviews