Yrystaat; Teelaarde van Groot Generaals

  • Dirk Marais
Keywords: SA Weermag, Vrystaat se mans, Leërgeneraals

Abstract

Mens hoor nie meer so dikwels soos vroeer dat iemand met sy of haar provinsiale herkoms spog nie. Wat egter wei voorkom is dat iemand wat uit gelukkigheid en tevredenheid uitbundig raak, sommer maklik, en sonder vrees vir aanstoot gee, "VRYSTAAT(!)" sal uitgil, of so 'n persoon nou 'n Vrystater is of nie. Sulke uitroepe word sonder uitsondering gelate as prettigheid aanvaar, selfs op Nuweland en Ellispark.

Hoewel Vrystaters oor die algemeen, miskien met uitsondering van 'n paar dinge soos rugby, nie geneig is om hulle provinsiale beuels te blaas nie, is hulle soms soos weerlig en word hulle raakgesien vanweë hulle besondere prestasies op vele terreine van die samelewing, veral as diplomate in die algemeen en soldate in die besonder.

Die Vrystaat se mans speel naamlik 'n merkbaar groter rol in die SA Weermag as wat algemeen besef word. 'n Ontleding van die aantal Vrystaters wat byvoorbeeld- tot topbestuursvlak gevorder het bring interessante feite aan die lig.

Dit is veral in die SA Leër dat die Vrystaters nog steeds hulle merk maak. Van die 28 dienende Leërgeneraals is 7 Vrystaters. Dus 25%.

Downloads

Download data is not yet available.

Author Biography

Dirk Marais
Adjunk-hoof van die Suid-Afrikaanse Leër
Published
2012-02-21
How to Cite
Marais, D. (2012). Yrystaat; Teelaarde van Groot Generaals. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 20(4). https://doi.org/10.5787/20-4-352
Section
Articles