SUID-AFRIKAANSE STAATS- en STAATSONDERSTEUNDE MILITÊRE GESKIEDSKRYWING (1924-1987)

  • Jan Ploeger SSG Argief en Navorsing, SAW
Keywords: uitgedrukte herinneringe aan die verlede, menslike behoefte aan kennis, Thucydides, die drang na objektiwiteit, eerlik teenoor hulle self, die beskikbare boustowwe, die hoogste graad van objektiwiteit

Abstract

In sy eenvoudigste vorm is geskiedenis uitgedrukte herinneringe aan die verlede wat uit die menslike behoefte aan kennis van die oorsprong van dinge voortspruit. Hierdie uitgedrukte herinneringe is mondeling of skriftelik oorgedra. Reeds in die vyfde eeu voor Christus het die Griekse geskiedskrywer Thucydides (omstreeks 471 v Chr - omstreeks 400 v Chr.), met betrekking tot sy weergawe van die Peloponesiese oorlog (431 v Chr - 404 v Chr.) doelbewus daarna gestrewe om - sover dit moontlik was – die gesketste gebeurtenisse waarheidsgetrou weer te gee.

In hierdie opsig het hierdie vroeë geskiedskrywer reeds met faktore soos die drang na objektiwiteit, sowel as met vermydelike en onvermydelike gevoelens van subjektiwiteite te kampe gekry.

Die geskiedskrywers wat in die loop van die eeue eerlik teenoor hulle self, die beskikbare boustowwe en die toekomstige lesers sou staan het weliswaar steeds meer en meer besef dat dit onmoontlik was, en nog steeds is, om volslae objektief te wees. Onder die besef moet daar ewenwel terselfdertyd voortdurend na gestrewe word om die hoogste graad van objektiwiteit en die waarheid te verwesenlik.

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2012-02-22
How to Cite
Ploeger, J. (2012). SUID-AFRIKAANSE STAATS- en STAATSONDERSTEUNDE MILITÊRE GESKIEDSKRYWING (1924-1987). Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 19(4). https://doi.org/10.5787/19-4-374
Section
Articles