AKADEMIESE STEUN BY DIE MILITÊRE AKADEMIE : DIE AANSPREEK VAN ANDERSHEDE IN DIE SA WEERMAG

Authors

  • L.M. Smith Departement vir Akademiese Steundienste, Fakulteit Krygskunde, Universiteit van Stellenbosch.

DOI:

https://doi.org/10.5787/22-2-327

Keywords:

SA Weermag, Militêre Akademie op Saldanha, Fakulteit Krygskunde, Universiteit van Stellenbosch, B. Mil.

Abstract

Die Suid-Afrikaanse gemeenskap is blootgestel aan snelle veranderinge wat noodwendig 'n neerslag vind in die SA Weermag en die Militêre Akademie op Saldanha. Dit is egter nie net die veranderinge wat hul invloed laat geld nie, maar ook die gebeure wat die veranderinge voorafgegaan het.

Die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit van Stellenbosch (soos enige ander Suid-Afrikaanse tersiëre opleidingsinstansie) moet dus hul taak volvoer met inagneming van 'n buitengewone geskiedenis en die eise van 'n dinamiese toekoms.

Studente wat aanmeld vir 'n B. Mil. graad by bogenoemde fakulteit het deel aan sekere gemeenskaplikhede, maar ook andershede wat spruit uit elk se agtergrond. "Andersheid" word omskryf as die persoonlike verskille wat elke individu of groep uniek maak. Dit is belangrik dat die leser kennis neem daarvan dat elke student van gelyke waarde geag word en dat "andersheid" nie sinoniem is vir "minderwaardigheid" nie.

Downloads

Download data is not yet available.

Downloads

Published

2012-02-16

How to Cite

Smith, L. (2012). AKADEMIESE STEUN BY DIE MILITÊRE AKADEMIE : DIE AANSPREEK VAN ANDERSHEDE IN DIE SA WEERMAG. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 22(2). https://doi.org/10.5787/22-2-327

Issue

Section

Articles

Similar Articles

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 > >> 

You may also start an advanced similarity search for this article.