Delville Wood : Eighty years July 1916 - July 1996

  • G. Genis Documentation Service Directorate, SANDF
Keywords: Delville Wood, Suid-Afrikaanse Infanteriebrigade, Longueval 9th Scotish Division, South African, South Africa's military history, First World War, Belguim, Germany

Abstract

Hierdie is die verhaal van 1 Suid-Afrikaanse Infanteriebrigade wat in die loop van die Somme-offensief (1 Julie tot 18 November 1916) gedurende die Eerste Wêreldoorlog aan die slag te Delvillebos deelgeneem het. Die Brigade was deel van die Skotse 9de Divisie wat Longueval en Delvillebos op die wesfront in Frankryk op 14 Julie 1916 aangeval het. Op 15 Julie 1916 het die Suid-Afrikaners Delvillebos ingeneem en die Duitsers verdryf. Vanaf 15 Julie tot 20 Julie 1916 het die Duitsers teruggeslaan en 1 Suid-Afrikaanse Brigade (wat uit vier infanterieregimente bestaan het) is in die bos aangeval. Die Suid- Afrikaners het vir ses dae dapper geveg teen die intense Duitse offensief wat met hewige artillerievuur gepaard gegaan het. Om 18:00 op 20 Julie 1916 is die laaste groepie Suid-Afrikaners in die bos onder aanvoering van luitenant-kolonel Edward Thackeray deur die Norfolk Regiment afgelos. Die Suid-Afrikaners het geweldige verliese gely in hul poging om die bos te behou en het die agting van vriend en vyand verkry. Nie net die veldslag nie maar ook die daaglikse ondervindinge van die Suid-Afrikaanse soldaat word bespreek. Hierdie artikel handel dus ook oor die sosiale geskiedenis van die soldaat tydens die slag van Delvillebos en temas soos militêre uitrustings, rantsoene, daaglikse verpligtinge en die lewensomstandighede van die soldaat word bespreek.

 

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2012-02-13
How to Cite
Genis, G. (2012). Delville Wood : Eighty years July 1916 - July 1996. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 26(1). https://doi.org/10.5787/26-1-236
Section
Articles