KAN DIE MILITÊRE STRATEEG BAAT VIND BY BEMARKING?

  • J.A. Bennett Departement Bedryfsekonomie, Universiteit VISTA
  • C. Boshoff Departement Bedryfsekonomie, Universiteit VISTA
Keywords: Bemarking, bemarkingsdenke, wins-georiënteerde ondernemings, Philip Kotler en Syd Levey, nie-wins ondernemings

Abstract

Bemarking en bemarkingsdenke vind hul oorsprong by die problematiek van dieekonomiteitsbeginsel soos gesien uit die perspektief van wins-georiënteerde ondernemings wat fisiese produkte vervaardig. Die aanvanklike eng beskouing het egter nie lank onbevraagteken gebly nie. Sommige bemarkers het die rol en toepassing van bemarking in breër konteks beskou. Philip Kotler en Syd Levey (1969) was van die eerstes wat van die eng 'fisiese produk vir wins' benadering weggebreek het deur te argumenteer dat enige onderneming wat funksioneer om menslike behoeftes te bevredig eintlik bemark. Dat die onderneming ter wille van wins funksioneer is nie as relevant beskou nie. Kotler & Levey (1969) het in die lig hiervan gepleit dat die toepassingsveld van bemarking uitgebrei moet word om nie-wins ondernemings in te sluit. Individue, idees en dienste kan ook bemark word, was hul redenasie.

 

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2012-02-16
How to Cite
Bennett, J., & Boshoff, C. (2012). KAN DIE MILITÊRE STRATEEG BAAT VIND BY BEMARKING?. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 22(2). https://doi.org/10.5787/22-2-330
Section
Articles