UITDAGINGS AAN DIE LEIERSKADER VIR DIE ONTWIKKELING VAN DIE MENSEKRAGTE VAN DIE SA WEER MAG VIR DIE JAAR 2000 PLUS

  • R Eberlein Mannekragontwikkeling, SAW
Keywords: VEELVOUD VAN UITDAGINGS, Interaksie tussen Organisasie en Omgewing, Bevolkingsaanwas en die Arbeidsmag, Ekonomiese Realiteite en Produktiwiteit, Politieke Verandering, FAKTORE IN DIE SA WEERMAG WAT DIE WERKSOMGEWING RAAK

Abstract

Die leier in die SA Weermag (SAW) verkeer werklik in 'n bevoorregte posisie. Met leiers word bedoel persone op veral die middelbestuurs- en toesighouersvlakke, hetsy offisier, adjudant-offisier of onderoffisier. Nie alleen staan hy midde-in seker die opwindendste tydperk in die geskiedenis van ons land nie, maar daarby het hy die voorreg om deel te neem aan die veranderings en uitdagings, wat gestalte sal gee aan die SAW van die jaar 2000 plus. Hy het ook die geleentheid om tot die vorming van die enkel belangrikste faktor van die SAW van daardie tyd: die mens, by te dra.

Dit is onnodig om in besonderhede die verrykende veranderings van die jaar 1990 uiteen te sit. Veranderings soos die wat strek vanaf die Staatspresident se verklarings van 2 Februarie 1990, na onderhandelings waarop die toekoms van die Republiek berus, tot stakings, omus en onlus wat blykbaar orals uitbreek, om van die verwikkelinge in die Midde-Ooste nie eens te praat nie! Die massamedia propageer elke dag hulle weergawes daarvan. Dit is seker voldoende om te se dat die Sjinese vloek: "Mag u in interessante tye leef" uiters toepaslik is.

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2012-02-17
How to Cite
Eberlein, R. (2012). UITDAGINGS AAN DIE LEIERSKADER VIR DIE ONTWIKKELING VAN DIE MENSEKRAGTE VAN DIE SA WEER MAG VIR DIE JAAR 2000 PLUS. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 21(4). https://doi.org/10.5787/21-4-337
Section
Articles