In diens van die Kompanjie

  • Jan Ploeger SSO Argief en Navorsing, SAW
Keywords: VOC se krygsmag, Jan van Riebeeck, D. Coninck, Goeie Hoop, Die bewapening en die gebruik van VOC-skepe

Abstract

In sy "Daghregister" het opperkoopman Jan van Riebeeck op 6 April 1652 onder andere aangeteken dat hy opdrag aan skipper D. Coninck gegee het om op die volgende dag (7.4.1652) met 'n sloep na die vasteland te gaan. Die doel van hierdie tog was om na briewe te soek wat deur besoekende skepe agter gelaat is. Ook moes groente gehaal en vars vis gevang word. Behalwe die roeiers sou 'n sestal gewapende soldate die skipper vergesel.

Dit is die eerste vermelding in die dagregister van die aanwesigheid van soldate, as 'n deel van die VOC se krygsmag, aan die Kaap die Goeie Hoop. In bygaande bydrae word o.m. nader op soldate en skepe, in diens van die VOC, ingegaan.

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2012-02-21
How to Cite
Ploeger, J. (2012). In diens van die Kompanjie. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 20(3). https://doi.org/10.5787/20-3-362
Section
Articles