SUID-AFRIKAANSE STAATS- en STAATSONDERSTEUNDE MILITÊRE GESKIEDSKRYWING (1924-1987)
Abstract
In sy eenvoudigste vorm is geskiedenis uitgedrukte herinneringe aan die verlede wat uit die menslike behoefte aan kennis van die oorsprong van dinge voortspruit. Hierdie uitgedrukte herinneringe is mondeling of skriftelik oorgedra. Reeds in die vyfde eeu voor Christus het die Griekse geskiedskrywer Thucydides (omstreeks 471 v Chr - omstreeks 400 v Chr.), met betrekking tot sy weergawe van die Peloponesiese oorlog (431 v Chr - 404 v Chr.) doelbewus daarna gestrewe om - sover dit moontlik was – die gesketste gebeurtenisse waarheidsgetrou weer te gee. In hierdie opsig het hierdie vroeë geskiedskrywer reeds met faktore soos die drang na objektiwiteit, sowel as met vermydelike en onvermydelike gevoelens van subjektiwiteite te kampe gekry. Die geskiedskrywers wat in die loop van die eeue eerlik teenoor hulle self, die beskikbare boustowwe en die toekomstige lesers sou staan het weliswaar steeds meer en meer besef dat dit onmoontlik was, en nog steeds is, om volslae objektief te wees. Onder die besef moet daar ewenwel terselfdertyd voortdurend na gestrewe word om die hoogste graad van objektiwiteit en die waarheid te verwesenlik.Copyright (c) 2018 Jan Ploeger

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives 4.0 International License.
Authors, copyright holders, may use the publishers version for teaching purposes, in books, theses, dissertations, conferences and conference papers.
A copy of the authors’ publishers version may also be hosted on the following websites:
- Non-commercial personal homepage or blog.
- Institutional webpage.
- Authors Institutional Repository.
The following notice should accompany such a posting on the website: “This is an electronic version of an article published in Scientia Militaria, Volume XXX, number XXX, pages XXX–XXX”, DOI. Authors should also supply a hyperlink to the original paper or indicate where the original paper (http://scientiamilitaria.journals.ac.za) may be found.
Authors publishers version, affiliated with the Stellenbosch University will be automatically deposited in the University’s’ Institutional Repository SUNScholar.
Articles as a whole, may not be re-published with another journal.
The following license applies: