DIE SLUIPOORLOG IN SUID-AFRIKA EN CHINA

  • C. De Jong
Keywords: Anglo-Boere-oorlog, 1899-1902, konvensionele oorlog, pitched battles, onkonvensionele oorlog, guerrilla of sluipoorlog

Abstract

In die Anglo-Boere-oorlog, 1899-1902, het daar na die tydperk van die konvensionele oorlog met vaste veldslae (pitched battles), die onkonvensionele oorlog, ook genoem die guerrilla of sluipoorlog, gevolg. Die sluipoorlog is gekenmerk deur verrassingsaanvalle op klein skaal, gevolg deur terugvalbewegings deur die aanvallers om hulle ongrypbaar te maak. Die doel was om die besettende vyand uit te put en te demoraliseer, sodat hy sal padgee. Die Britse leerleiding het op die guerrilla-metode van die Boere gereageer met maatreëls wat later die standaardoptrede teen sluipoorlog sou word. Die eerste maatreël was die oprig van lang draadheinings met blokhuise op gereelde afstande van mekaar om die gevegsterrein in 'n gevegsgebied af te baken en deur dryfjagte die sluipvegters teen die heinings vas te keer en te vernietig. Die tweede maatreël was die verwydering van die inheemse bevolking wat van hulp aan die sluipvegters verdink word, deur hulle bymekaar te bring in bewaakte dorpe of kampe, bekend as konsentrasiekampe, en deur hulle huise, skure, gereedskap, oeste en veë te vernietig om die sluipvegters die gebruik daarvan te belet.

Downloads

Download data is not yet available.

Author Biography

C. De Jong
Afgetrede professor in Ekonomiese Geskiedenis, Universiteit van Suid-Afrika vanaf 1965 tot 1986.
Published
2012-02-15
How to Cite
De Jong, C. (2012). DIE SLUIPOORLOG IN SUID-AFRIKA EN CHINA. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 23(1). https://doi.org/10.5787/23-1-316
Section
Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 > >>