THE PORTUGUESE INFLUENCE ON AFRIKAANS WITH PARTICULAR REFERENCE TO MILITARY LANGUAGE

  • J.H. Picard SADF Language Service
Keywords: MILITARY LANGUAGE, PORTUGUESE INFLUENCE ON AFRIKAANS, Language Contact, VOC, Nederlandse taal, militêre benamings en terme

Abstract

Na 'n kort historiese uiteensetting van die opkoms van die Portugese seevaarders en hul belangrikheid vir die ontwikkelding van die Afrikaanse vasteland en veral Suid-Afrika, word ander historiese kontakpunte in oorsig geneem: Tussen die Portugese en die VOC in 1725 in Mosambiek; tussen Louis Trichardt en die Portugese Goewerneur in 1838; tussen Albasini en die trekkers in Schoemansdal; tussen die Dorslandtrekkers en die Portugese owerhede in 1875 in Angola; tussen die Zuid-Afrikaanse Spoorwegmaatschappij en die owerhede in Mosambiek in 1890; tussen die boerekrygsgevangenes en die Portugese in Tomar en Abrantes; en die huidige bydrae van Portugese immigrante tot die RSA.

Die stryd om koloniale heerskappy tussen die Hollanders en Portugese het 'n invloed gehad op die Nederlandse taal, ook via Maleis, en later op Afrikaans. Portugese invloede op Afrikaans word veral gevind in plekname, boom-, plant-, vrugte-, voedsel-, huishoudelike en geregtename, in die Afrikaanse idioom, in vissoorte, in skeepsterme, in seemansterme en veral in militêre benamings en terme, wat omvattend behandel word.

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2012-02-23
How to Cite
Picard, J. (2012). THE PORTUGUESE INFLUENCE ON AFRIKAANS WITH PARTICULAR REFERENCE TO MILITARY LANGUAGE. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 18(3). https://doi.org/10.5787/18-3-400
Section
Articles