STORMVOËL VAN DIE NOORDE - Stephanus Schoeman vir Transvaal
Abstract
Die boek handel oor die lewe van Stephanus Schoeman, die een hoofkarakter in die struwelingsjare van die ou Suid-Afrikaanse Republiek. Hy was agtereenvolgens kommandant van Potchefstroom, kommandant-generaal van Soutpansberg, kommandant-generaal van die Suid- Afrikaanse Republiek, waarnemende en ook selfaangestelde, president van die Suid- Afrikaanse Republiek, bevelvoerder van die Pretoria Rifle Corps en diplomatieke agent in Soutpansberg. Die navorsing oorspan dus sowat 80 jaar van Suid-Afrikaanse geskiedenis, met die klem op die staatkundige gebeure in die Suid-Afrikaanse Republiek.Downloads
Copyright (c) 2018 A.E. Van Jaarsveldt

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives 4.0 International License.