Nederlandse "Springbokke" en die Brigade. 'n Bydrae tot die geskiedenis van die "Koninklijke Nederlandsche Brigade 'Prinses Irene' "

  • Jan Ploeger Staatshistorikus
Keywords: Tweede Wêreldoorlog, genl. H. G. Winkelman, Nederlandse landmag, Duitse leërs,  15 Mei 1940

Abstract

In die nag van 9 op 10 Mei 1940 het, terwyl twee groot Duitse leërs die Nederlandse oosgrens oorskry en formasies Duitse militêre vliegtuie doelwitte op Nederlandse grondgebied begin bestook, die Tweede Wêreldoorlog vir die toenmalige Nederlandse koninkryk in Europa begin.

 

Die Nederlandse landmag, soos gemobiliseer in 1940, het uit vier leerkorpse, elkeen van twee divisies, bestaan. Indien'n paar kleiner onderdele van die toenmalige Nederlandse landmag bu'ite beskouing gelaat word, het hierdie troepe op 10 Mei 1940 teenoor twee-en-twintig Duitse divisies, ondersteun deur twee luglandingsdivisies, te staan gekom. Weliswaar het 'n deel van die genoemde Duitse divisies, nadat hulle in die provinsie Limburg eers die Nederlands-Duitse en vervolgens die Belgies-Nederlandse grens oorgesteek het, teen Belgie begin optree, maar andersyds het twee van die vier Nederlandse leerkorpse prakties nie aan gevegte deelgeneem nie. Ookal omdat die Duitse vuurkrag en bewapening aanmerklik beter as die Nederlandse was, was die stryd kortstondig.

Op 15 Mei 1940 het die Nederlandse opperbevelhebber, genl. H. G. Winkelman, die kapituIasievoorwaardes te Rijsoord, naby Rotterdam, onderteken, met die verstandhouding dat die stryd in die provinsie Zeeland nie as geeindig beskou is nie. Daar het die stryd tot 19 Mei 1940 voortgewoed.

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2012-02-28
How to Cite
Ploeger, J. (2012). Nederlandse "Springbokke" en die Brigade. ’n Bydrae tot die geskiedenis van die "Koninklijke Nederlandsche Brigade ’Prinses Irene’ ". Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 3(4). https://doi.org/10.5787/3-4-941
Section
Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 6 > >>