Besonderhede aangaande 'n aantal geboue op die terrein van die huidige Verdedigingshoofkwartier. Potgieterstraat, Pretoria.

  • Jan Ploeger Staatshistorikus
Keywords: militêre geboue, Die Kasteel die Goeie Hoop, Transvaalse Artilleriekorps, Military Camp, Ordinance Ground, Rijdende Artillerie en Politie, K. van Rijsse, 3 Februarie 1894, Departel11ent van Openbare Werke

Abstract

Die gebou voer ons terug na die sewentiende eeu, die eeu waarin - ook op militêre gebied - die hegte grondslae gele is waarop ons tot vandag toe voortbou.

Maar daar is, oor die lengte en breedte van ons land versprei, ook ander eertydse verdedigingswerke en militêre geboue wat aan ander aspekte van ons roemryke militêre verlede verbind is.

Die Kasteel die Goeie Hoop, in die Moederstad van Suid-Afrika, is ongetwyfeld die waardevolste militêr-historiese boukundige erfenis waaroor ons vandag beskik. In laasgenoemde opsig is die oudste gedeelte van ons hedendaagse Verdedigingshoofkwartier, Potgieterstraat, Pretoria, met sy bygeboue en 'n groep voormalige offisierswonings 'n gebouegroep wat vermoedelik uniek in ons Republiek is.

Al hierdie geboue herinner ons aan die militêre verlede, aan die Zuid-Afrikaansche Republiek, aan die weergalose Staatsartillerie en aan die doelbewuste strewe van Staatspresident S. J. P. Kruger, Genl. P. J. Joubert, KG, ZAR, en hul mede-landsburgers om die vryheid en onafhanklikheid van Transvaal, indien dit nodig sou word, met die wapen te verdedig.

 

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2012-02-28
How to Cite
Ploeger, J. (2012). Besonderhede aangaande ’n aantal geboue op die terrein van die huidige Verdedigingshoofkwartier. Potgieterstraat, Pretoria. Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies, 2(2). https://doi.org/10.5787/2-2-966
Section
Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 6 > >>